# ‘n Konsortium van nege Suid-Afrikaanse universiteite en vyf Europese vennote het die Suid-Afrikaanse meestersgraadkursus in Oseaanwetenskappe van stapel gestuur. Dit is ‘n ambiseuse inisiatief wat beloof om nagraadse opleiding in Oseaanwetenskappe oral in Afrika te transformeer. Graduandi sal vaardighede ontwikkel in probleemoplossing, skryfwerk, kommunikasie, datahantering, spanwerk, ondernemerskap, projekbestuur en fondsinsameling. Aansoeke vir die eerste inname is nou oop en die sluitingsdatum is 31 Augustus.
Nege SA universiteite en vyf Europese vennote span saam vir ambisieuse opleidingsinisiatief