# Die Suid-Afrikaanse Hart- en Beroerte-stigting maak gereed om volgende maand Hartbewustheid-maand te vier wat ‘n hoogtepunt bereik met Wêreld-hartdag op 29 September. Vanjaar se tema is: Moenie ‘n hartklop mis nie. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is kardiovaskulêre siektes op 32-persent wêreldwyd die grootste oorsaak van sterftes. Dis opmerklik dat 85-persent van hierdie sterftes weens hartaanvalle en beroertes is. Die stigting sê hierdie siektes kan voorkom word deur risiko-faktore soos rook, ongesonde dieet, gebrek aan oefening en lugbesoedeling te verminder.
SA Hart- en Beroerte-stigting sê kardiovaskulêre siektes kan voorkom word