# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se ekonomiese diplomasie is gefokus op die verkryging van marktoegang, die lok van beleggings en die bevordering van volhoubare ontwikkeling. Hy het verlede week deelgeneem aan die negende internasionale konferensie oor Afrika-ontwikkeling in Tokio, Japan. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief weens die wêreldwye handelsontwrigtings en toenemende druk op tariewe, is deelname aan forums soos die konferensie die sleutel tot pogings tot ekonomiese diplomasie. Hy voeg by Suid-Afrika bepleit steeds ‘n internasionale handelsregime wat billik, regverdig en op reëls gegrond is.
Ramaphosa sê ekonomiese diplomasie is ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se buitelandse beleid