Skip to content

Suid-Afrika het ‘n nuwe boereworskampioen

‘n Drie-en-dertigjarige motorhandelaar van die Paarl is gister in Kaapstad aangewys as die 33ste Shoprite en Checkers Boerewors-kampioen. Roberto-Rui Agrela het as die land se beste boereworsmaker na vore getree en afgereken met meer as twee-duisend-350 hoopvolles wat vanjaar aan die kompetisie deelgeneem het. Saam met spogregte ry Agrela weg in ‘n Toyota Fortuner en 20-duisend-rand kontant. Suid-Afrikaners kan die land se beste boerewors vanaf 5 September proe wanneer dit landswyd op die rakke verskyn, net betyds vir Erfenismaand en die Springbokke se botsing teen Nieu-Seeland op 6 September.