# Die minister van Landbou, John Steenhuisen het ingetree om te keer dat Achi, ‘n Labrador gidshond wat van ‘n seiljag gered is, uitgesit word. Daar is aanvanklik gevrees dat Achi as gevolg van invoerregulasies dalk uitgesit sou moes word, maar na groot opebare verontwaardiging is die stap vermy toe die minister persoonlik ingetree het. Achi en sy eienaars, ‘n Switserse man en sy volwasse Duitse dogter, is gered toe hulle seiljag meganiese probleme tydens stormweer ontwikkel het. Achi is ‘n gidshond en danksy die besluit kan hy nou by sy eienaars bly.
Steenhuisen beveel dat gidshond Achi nie uitgesit word nie