# Die Stad Kaapstad het die Bishop Lavis-sportterrein van 27-miljoen-rand voltooi. Die opgradering is in fases oor drie jaar afgehandel. ‘n Nuwe sintetiese sokkerveld vir 11 spelers aan ‘n kant en ‘n gesinspark is onlangs voltooi as deel van die finale fase van die opgradering. Die sportterrein sluit ‘n atletiekbaan, ‘n krieketveld met nuwe gras en nuwe heinings in. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die opgradering is ‘n skitterende voorbeeld van die impak van Kaapstad se rekordbeleggings in infrastruktuur, waarvan 75-persent direk laer-inkomstehuishoudings en -gemeenskappe bevoordeel.
Kaapstad voltooi R27-miljoen se opgradering van die Bishop Lavis-sportkompleks