Skip to content

UJ onder die wêreld se top 60 universiteite op Facebook se 2025 ranglys

# Die Universiteit van Johannesburg het met nege plekke in die 2025 UniRank Top 200 Universiteite op Facebook opgeskuif. Die universiteit het van 61ste wêreldwyd in 2024 tot 52ste vanjaar op die ranglys geklim. UJ se digitale platforms het ‘n regstreekse uitbreiding van die universiteit se strategiese plan vir 2035 geword. Die universiteit se Bestuurder van Sosiale Media en Bemarkingsprojekte, Michelle Radikariki, sê die styging in die uniRank-ranglys toon hoe digitale platforms strategies gebruik kan word om invloed uit te brei en bande met gemeenskappe hier en in die buiteland te versterk.