# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, sê daar is ʼn dringende behoefte aan Afrika-geleide wetenskaplike navorsing en klimaatstrategieë. Volgens die 2023-verslag van die Wêreld-weerkundige Organisasie verloor Afrikalande twee- tot vyf-persent van hul bruto binnelandse produk aan klimaatsverandering terwyl sommige lande tot nege-persent van hul begroting aanwend vir reaksie op die klimaat. Nzimande sê die drieledige krisis van klimaatsverandering, besoedeling en verlies aan bioverskeidenheid vereis weldeurdagte optrede.
Minister Nzimande sê dringende optrede is nodig teen klimaatsverandering, besoedeling en verlies aan bioverskeidenheid