Skip to content

Landbou presteer beter as ander sektore, maar langtermyn vooruitsigte bly gedemp

# Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid se Basiese Landbouvooruitsigte vir 2025 tot 2034 wys dat Suid-Afrika se landbousektor oor die laaste twee dekades beter vertoon het as die land se breër ekonomie. Volgens die buro se direkteur, Tracy Davids, word dit hoofsaaklik aangedryf deur hoë-waarde, uitvoergedrewe kommoditeite. Davids sê stagnerende binnelandse inkomste maak uitvoere kritiesbelangrik ten spyte van globale risiko’s. Die projeksie vir die sektor dui ‘n groei van 5,5-persent in 2025 aan, wat deur goeie oeste, belegging in tegnologie, en gunstige weersomstandighede verbeter word. Sy waarsku dat langtermyn vooruitsigte vir groei gedemp bly.