# Die Universiteit van Pretoria is eerste in Suid-Afrika en tweede in Afrika met navorsing oor kunsmatige intelligensie. Dis volgens die jongste ranglys vir instellings vir hoër onderwys wat deur EduRank uitgegee is. Die ontleding is gebaseer op meer as 61-duisend-200 akademiese artikels en 969-duisend aanhalings deur 24 Suid-Afrikaanse universiteite. Professor Sunil Maharaj van die universiteit sê die prestasie bevestig die instelling se rol as leier om invloedryke, etiese en toepaslike KI-tegnologieë te ontwikkel.
UP nommer een in Suid-Afrika met navorsing oor kunsmatige intelligensie