# FNB het die 2025 Nasionale Finansiële Ombud van Suid-Afrika se toekenning vir uitnemendheid ontvang. Dis om erkenning te gee aan sy verbintenis tot regverdige behandeling van klante en uitnemende probleemoplossing. Die bank het die hoogste gemiddelde telling onder Suid-Afrika se grootste banke gekry vir die volgende drie kriteria: gehalte van reaksie, reaksietyd en regverdigheid. Die FNB se uitvoerende hoof, Harry Kellan, sê hulle hou by die beginsels wat op deursigtigheid, vertroue, respek en aanspreeklikheid gebaseer is.