# Die top tien skole wat gekies is om na die volgende afdeling van die 2025 Samsung Solve for Tomorrow STEM-kompetisie deur te gaan, is bekend gemaak. Die kompetisie daag leerders in graad 10 en 11 van benadeelde gemeenskappe uit om werklike probleme in die wêreld te identifiseer en hulle op te los met die gebruik van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde. Daar is drie skole van die Vrystaat in die top tien, gevolg deur Gauteng en KwaZulu-Natal met twee elk en een elk uit Limpopo, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Die skool wat wen sal 100-duisend-rand kontant ontvang.
Top 10 skole in ‘Solve For Tomorrow National STEM Innovation’ kompetisie bekend