# Enactus Qwaqwa van die Universiteit van die Vrystaat se grensverskuiwende projek, Root Rescue, gaan in September aan die Enactus-wêreldbeker in Thailand deelneem. Die projek het onlangs die Enactus 2025 Early-Stage National Exposition gewen. Die universiteit sê Root Rescue het ontstaan weens ʼn behoefte aan ʼn oplossing vir probleme in die landbou. Dit sluit in oorafhanklikheid van chemiese kunsmisstowwe, onvoldoende kragvoorsiening en ʼn tekort aan besproeiingswater. Die universiteit sê Root Rescue se sukses is ʼn bewys van die samewerkende gees en entrepreneurskap van die Enactus-span.
Enactus UFS Root Rescue-span op pad na Wêreldbeker in Thailand