Skip to content

Universiteit van Pretoria ontvang R18-miljoen van Google om met KI-navorsing te help

# Die Universiteit van Pretoria het ʼn skenking van 18-miljoen-rand van Google ontvang om die African Institute of Data Science and Artificial Intelligence te ondersteun. AfriDSAI is ʼn instituut by die universiteit wat navorsers, tegnoloë en gemeenskappe byeenbring om te besluit hoe data-wetenskap en kunsmatige intelligensie vir Afrika kan werk. Die vasteland dra tans net 0,9-persent by tot die wêreldwye KI-uitset. Die universiteit sê die befondsing is ʼn stap vorentoe in Afrika se poging om ʼn betekenisvolle bydrae te lewer tot die wêreld se KI-navorsingslandskap.