# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ‘n strafregtelike klagte ingedien teen die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, en die woordvoerder, Phasha Makgolane, in die Kaapstad Sentraal-polisiestasie. Dit volg nadat ‘n beweerde poging op video gewys het hoe probeer word om ‘n joernalis met 60-duisend-rand om te koop om ‘n ondersoek na korrupsie gekoppel aan ‘n tender van 800-miljoen-rand te staak. Macpherson sê die omkoop-poging is ‘n aanval op mediavryheid:
Minister van Openbare Werke lê strafregtelike klagtes oor Ontwikkelingstrust-omkoopskandaal [KLANK]
ENG MacphersonOnBriberyCase