Skip to content

Minister Lamola bespreek per telefoon sake van gemeenskaplike belang met VSA senior raadgewer, Massad Boulos

# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die VSA bly steeds ‘n belangrike vennoot en Suid-Afrika sien uit na samewerking oor gemeenskaplike belange. Dit volg na ‘n telefoongesprek met die Amerikaanse president Donald Trump se senior raadgewer, Massad Boulos, waarin hulle onder meer streekstabiliteit bespreek het. Die gesprek kom te midde van die 30-persent tariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel het. Ten spyte van die spanning, bly albei lande verbind tot ‘n voortgesette, gemeenskaplik-voordelige verhouding.