# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, gaan na verwagting vandag die media by die Kaapstad Sentraal-polisiestasie toespreek oor aantygings van omkopery teen die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka. Daily Maverick beweer sy het probeer om die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh om te koop om negatiewe dekking te voorkom. Malaka is geskors na ‘n finale forensiese verslag van PricewaterhouseCoopers oor ‘n suurstofaanleg-tender. Macpherson sê dis deel van ‘n breër, moontlik betaalde veldtog om sy hervormingspogings by die trust te ondermyn.
Minister Macpherson gaan bewerings van omkopery teen geskorste hoof van Ontwikkelingstrust bekyk