# Die Federasie vir ‘n Volhoubare Omgewing vra ‘n gespesialiseerde speureenheid om onwettige mynbou aan te pak, nadat meer as 500 onwettige mynwerkers in hegtenis geneem is by die Sheba-goudmyn in Barberton in Mpumalanga. Die uitvoerende hoof, Mariette Liefferink, sê om slegs ‘n beleid te hê, is nie genoeg nie en Suid-Afrika benodig beter afdwinging en samewerking vanaf die polisie en die Valke. Sy waarsku swak regulering en ‘n gebrek aan sluitingsertifikate veroorsaak dat myne kwesbaar is vir infiltrasie deur onwettige mynwerkers.
Federasie vra toegewyde gespesialiseerde polisie-eenheid om toename in onwettige mynbou aan te pak