# Rhodes Universiteit sê ‘n student in Joernalistiek- en Mediastudies, Asenathi Ngqobe, se verhaal is ‘n bewys dat iemand met passie en doelgerigtheid ‘n suksesvolle handelsmerk kan bou en ‘n katalisator vir verandering kan word. Sy het haar florerende veeboerdery befonds met winste uit haar gewilde vlegsalon in Makhanda, Braids by SESE. Ngqobe bestuur die helfte van die eiendom op die Kwa Leah-landgoed. Sy sê om ‘n bestuurder te wees gaan nie oor hoeveel geld jy maak nie, maar om ‘n maatskaplike uitwerking te hê en menselewens te verander.
Student van Rhodes Universiteit is baanbreker vir positiewe verandering