# Die kunsversameling van een van Europa se belangrikste versamelaars, Pauline Karpidas, word volgende maand opgeveil. Die versameling, Pauline Karpidas: The London Collection, word beskou as die waardevolste privaat versameling ooit in Europa en bevat kunswerke en meubels uit die 20ste eeu. ʼn Hoogtepunt uit die meer as 200 kunswerke en ontwerperstukke, is René Magritte se La Statue volante, wat beskryf word as ʼn juweel van laat-surrealisme. Sotheby’s sê Karpidas se versameling is tekenend van ʼn lewe van kreatiwiteit, nuuskierigheid en blywende verhoudings met die kunstenaars en ontwerpers wat sy ondersteun het.
Sotheby’s gaan een van die wêreld se belangrikste kunsversamelings opveil