# President Cyril Ramaphosa sê Amerika se besluit om ‘n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse invoere te hef, beklemtoon die dringendheid om aan te pas by die toenemende onstuimigheid in internasionale handel. Die tariefverhogings bedreig uitvoervermoë in strategiese sektore. Die president het in sy weeklikse nuusbrief beklemtoon dat Suid-Afrika nie met Amerikaanse produsente meeding nie en ook nie ‘n bedreiging vir Amerikaanse nywerhede inhou nie. Ramaphosa sê die regering het Amerika betrek om wedersyds-voordelige handel te verbeter, en bygevoeg die belangrikste kwessie is die beskerming van uitvoernywerhede.
Ramaphosa sê alle kommunikasiekanale is steeds oop om met Amerika oor handel in gesprek te tree