# SANParke sluit vandag by die res van die wêreld aan om Mariene Bewaringsgebiede-dag te vier met die tema, Oseaanbeskerming het menslike kontak nodig. Die dag gee erkenning aan die belangrike rol wat mariene bewaringsgebiede speel in die bewaring van mariene verskeidenheid, beskerming van visserye, bekamping van klimaatsverandering en ondersteuning van kusgemeenskappe. Suid-Afrika se oudste mariene bewaringsgebied is Tsitsikamma in die Tuinroete Nasionale Park. SANParke sê hy is verbind tot die versterking van ekologiese integriteit en die bevordering van maatskaplike gelykheid.
SANParke vier Mariene Bewaringsgebiede-dag saam met die res van die wêreld