# Eskom verwelkom die versnelde hervorming in die energiemark met die opening van die kwalifiseringstender om Onafhanklike Transmissie-projekte te bekom. Dit beoog om die land se transmissie-infrastruktuur uit te brei met die teiken van 14-duisend-kilometer se nuwe transmissielyne teen 2032. Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika sal na verwagting die projek van 440-miljard-rand lei. Dan Marokane van Eskom sê dit sal groter mededinging meebring en die oorgang van hoë- na lae koolstof-energiebronne bevorder.
Eskom verwelkom opening van kwalifiseringstender vir transmissieprogram