# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, en adjunkminister Maggie Sotyu gaan ‘n gemeenskapsgeleentheid in die Nkangala-distrik van Mpumalanga aanbied. Besprekings sal fokus op G20-toerismeprioriteit gemik op toerismebefondsing en -belegging teneinde gelykheid te verbeter en volhoubare ontwikkeling te bevorder. Beleggingsgeleenthede sal ondersoek word om toerismegebiede te bewaar, volhoubare groei te stimuleer en ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling in Suid-Afrika en G20-lande te bevorder. Die geleentheid sal toerismebelanghebbendes, die regering en finansiële instellings byeenbring.
Ministerie van Toerisme bied G20 gemeenskapsgeleentheid in Mpumalanga aan