Skip to content

IMF hou Suid-Afrika se groeivooruitsig onveranderd

# Die Internasionale Monetêre Fonds se groeivooruitsig vir Suid-Afrika bly onveranderd terwyl die vooruitsigte vir wêreldwye groei beter is. Die IMF het in April die land se vooruitsig van 1,5-persent in Januarie tot slegs 1,0-persent verlaag. Die fonds sê in sy jongste Wêreld Ekonomiese Vooruitsig Suid-Afrika sal vanjaar ʼn groeikoers van slegs een-persent hê en 1,3-persent in 2026. Intussen behoort die wêreldwye bruto binnelandse produk vanjaar met drie-persent te styg teenoor die 2,8-persent wat in April voorspel is.