Skip to content

Sitrusbedryf pleit vir Ramaphosa se ingryping met Amerikaanse tarief wat uitvoere bedreig

# Die Sitruskwekersvereniging waarsku Suid-Afrika se sitrus-bedryf kan reuse-verliese te wagte wees indien ‘n nuwe Amerikaanse invoertarief van 30-persent Vrydag in werking tree. Die vereniging sê boorde van ongeveer een-duisend hektaar kan onlewensvatbaar word, wat duisende werksgeleenthede in die Wes- en die Noord-Kaap in gevaar sal stel, aangesien meer as sewe-miljoen kartonne sitrusprodukte jaarliks na Amerika uitgevoer word. Die vereniging pleit president Cyril Ramaphosa moet ingryp en ‘n verlenging of vrystelling verseker. Die vereniging waarsku die tarief kan die landelike ekonomie laat ineenstort en die sitrusvoorsieningsketting ontwrig.