Skip to content

Valke voer klopjag by City Power uit oor beweerde tenderbedrog van R500-miljoen

# Die Valke het ‘n klopjag uitgevoer by City Power se hoofkantoor in Johannesburg as deel van ‘n ondersoek na korrupsie van 500-miljoen-rand. Volgens News24 was die uitvoerende hoof van die maatskappy, Tshifularo Mashava, die hoofteiken van die ondersoek wat fokus op buitensporige tenders en betalings vir onvoltooide werk. Ondersoekers het op rekenaartoerusting en dokumente beslag gelê. Die klopjag volg op verskeie berigte van finansiële wanbestuur by City Power, wat ‘n verlies van drie-miljard-rand in die vorige boekjaar getoon het met ‘n negatiewe bankbalans van meer as 16-miljard-rand.