# Die Wetenskapgebaseerde Teiken-inisiatief het ʼn netto-nul-standaard vir banke, batebestuurders en versekeringsmaatskappye ingestel. Dit vereis dat hulle finansiering aan firmas wat steenkoolprojekte uitbrei onmiddellik beëindig, en aan dié wat olie- en gasprojekte uitbrei teen 2030. Byna 135 finansiële instellings op ses vastelande het die nuwe standaard onderteken. Nate Aden van die Wetenskapgebaseerde Teiken-inisiatief sê dis noodsaaklik om wetenskapgebaseerde teikens te stel en werklike dalings in vrystellings te bevorder deur besluite oor beleggings en lenings:
Finansiële instellings moet befondsing staak aan maatskappye wat produksie in fossielbrandstof uitbrei [KLANK]
ENG AdenOTargets