# Abu Dhabi is die negende agtereenvolgende jaar amptelik aangewys as die veiligste stad ter wêreld. Dit is volgens 2025 se verslag van die globale statistiekwebwerf Numbeo. Abu Dhabi het ‘n veiligheidspunt van 85,2 uit 100 behaal. Dit word bepaal deur die siening van misdaadvlakke, ‘n veiligheidsgevoel tydens uitstappies in die nag asook kommer oor geweldsmisdaad, diefstal en diskriminasie. Doha is die tweede veiligste stad ter wêreld, gevolg deur Dubai.
Abu Dhabi is die negende agtereenvolgende jaar die veiligste stad ter wêreld