Skip to content

JSE se Indeks vir Alle Aandele bereik mylpaal van 100-duisend punte

# Die Johannesburgse Aandelebeurs se Alle Aandele-indeks het vanoggend deur ‘n belangrike mylpaal van 100-duisend punte gebreek. Die indeks is vanjaar byna 20-persent hoër. Die uitvoerende hoof van die JSE-groep, Leila Fourie, sê die prestasie is nie slegs ‘n syfer-mylpaal nie, maar ‘n kragtige weerspieëling van die veerkragtigheid, innovering en operasionele uitnemendheid van maatskappye wat op die JSE genoteer is. Sy sê dit wys dat beleggers steeds hul vertroue in die Suid-Afrikaanse mark en in die vermoë van genoteerde maatskappye plaas om groei te dryf en goeie waarde te lewer.