# Mense het skeppende modelle van Kunsmatige Intelligensie deur Google en Open-A-I uitoorlê op ‘n internasionale wiskundekompetisie in Queensland, Australië. Nie een van die modelle kon volpunte behaal op die Internasionale Wiskunde-olimpiade nie, terwyl vyf jongmense dit wel kon doen op die jaarlikse kompetisie vir deelnemers jonger as 20. Google sê ‘n gevorderde weergawe van sy Gemini-kletsbot het vyf van die ses wiskundeprobleme opgelos. Dit is ‘n punt van 35 uit ‘n moontlike 42, wat die eerste gouemedalje-punt is. Sowat tien-persent van die deelnemers het goue medaljes gewen.
Mense klop KI op Internasionale Wiskunde-olimpiade