# Die parlementslede Malusi Gigaba en die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, het vanoggend albei doktorsgrade in Openbare Bestuur en Regering aan die Universiteit van Johannesburg ontvang. Hulle is onder tweeduisend-163 gegradueerdes wat vereer is tydens vanjaar se wintergradeplegtigheid op die Kingsway-kampus in Aucklandpark. Die universiteit het hulle geloof vir hul toewyding aan lewenslange studie asook die balansering van politiek en die akademie. Honderd-94 doktorsgrade is toegeken.
Maimane, Gigaba ontvang PhD’s van Universiteit van Johannesburg