# Die ANC beskuldig ‘n parlementslid van die DA, Emma Louise Powell, dat sy ‘n waninligtings-veldtog lei wat beoog om Suid-Afrika se reputasie te skaad te midde van nuwe Amerikaanse tariewe. Volgens die party het Powell Amerikaanse amptenare beïnvloed en vals bewerings soos wit volksmoord en gedwonge grondonteiening aangevoer om Amerikaanse beleid teen Suid-Afrika te beïnvloed. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu het ook vir Powell beskuldig dat sy die presidensiële gesant, die gewese adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, in ‘n smeerveltog geteiken het.
ANC verwerp buitelandse steunwerwing van DA-LP te midde van tariefspanning met Amerika