# Die adjunkminister van Openbare Werke, Sihle Zikalala, sê planne vorder om ‘n klein hawe in die Ray Nkonyeni-distrik aan KwaZulu-Natal se Suidkus te ontwikkel. Die projek, ter waarde van een-miljard-rand sluit ‘n bootlanseerplek en visserye in, wat na verwagting duisende werksgeleenthede sal skep. Zikalala het tydens die Umdoni-beleggingskonferensie gesê die program sal na ander provinsies uitgebrei word. Hy vra belegging in infrastruktuur en klein ondernemings om groei te bevorder, veral in dorpe en landelike gebiede wat tydens apartheid uitgesluit was.
Zikalala bevestig R1-miljard kleinhaweprojek sal Suidkus van KZN ‘n hupstoot gee