# Die wêreld se oudste marathonatleet, die 114-jarige Fauja Singh van Indië, is in ‘n tref-en-trap-ongeluk dood. Hy het ‘n dekade gelede na sy 100ste verjaardag steeds deelgeneem. Singh is in 1911 op die Indiese platteland gebore en het later na Londen verhuis, waar hy bekendheid verwerf het as Die Tulband-tornado. Hy het eers in sy laat 80s begin hardloop en nege marathons voltooi. Singh word as die oudste marathonatleet beskou maar dit is nooit as ‘n Guinness-wêreldrekord erken nie omdat hy nie ‘n geboortesertifikaat gehad het nie.
Wêreld se oudste marathonatleet sterf in tref-en-trap-ongeluk op 114