Skip to content

Wêreld-sjimpanseedag vereer Jane Goodall, ’n baanbreker in die studie van sjimpansees

# Dit is vandag Wêreld-sjimpansee-dag en die Verenigde Nasies vereer Jane Goodall vir haar onvermoeide toewyding aan sjimpansees. Goodall het op hierdie dag in 1960 haar navorsing in die Gombe Nasionale Park in Tanzanië begin oor die belangrikheid van dié diere en die dringende behoefte om hulle en hul habitat te beskerm. Die VN sê ontbossing, onwettige jag en die vernietigende uitwerking van onwettige handel in troeteldiere laat die sjimpanseebevolking in die natuur afneem.