# ’n Mexikaanse bemanningslid van ’n super-seiljag is borgtog geweier nadat hy aangekla is van die moord op ‘n Suid-Afrikaanse kollega in die Bahamas. Die liggaam van die 20-jarige Paige Bell van Johannesburg is op die boot gevind op ‘n klein eilandjie. Die 39-jarige beskuldigde, Brigido Munoz, is naby gevind met wonde wat moontlik opgedoen is gedurende ‘n selfdood-poging. Bell was veronderstel om volgende week vir haar 21ste verjaarsdag huis toe te kom. Munoz sal in aanhouding bly tot sy verhoor in November begin.
Mexikaan borgtog geweier nadat hy aangekla is van moord op jong Suid-Afrkaanse vrou in die Bahamas