Skip to content

SA Suikerriet-kwekersvereniging waarsku oor dubbelle terugslag van Amerikaanse heffings en gesubsideerde invoere

# Die Suid-Afrikaanse Suikerriet-kwekersvereniging sê die plaaslike suikerbedryf word ernstig bedreig deur die Amerikaanse heffing van 30-persent op uitvoere en ‘n toename in goedkoop gesubsideerde suikerinvoere. Hy waarsku dat die heffings wat volgende maand in werking tree, suiker onmededingend sal maak, terwyl goedkoop invoere van Brasilië en Indië reeds plaaslike pryse ondergrawe. Higgins Mdluli van die vereniging vra die regering moet invoertariewe dringend aanpas om meer as ‘n miljoen mense se voortbestaan te beskerm en verdere skade aan die sukkelende bedryf te voorkom.