# Die parlementêre gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel sê hy is bekommerd oor die 30-persent tariefverhoging wat die Amerikaanse regering op Suid-Afrikaanse uitvoere gaan instel. Die komiteevoorsitter, Sonja Boshoff, sê die tarief ondermyn die geskiedkundige handelsamewerking tussen Amerika en Suid-Afrika en is ʼn ernstige bedreiging vir strategiese sektore soos sitrus, makadamia, voertuigonderdele, staal en aluminium. Die land se sitrusbedryf alleen ondersteun meer as 35-duisend werksgeleenthede en dra jaarliks meer as 38-miljard-rand by tot die ekonomie.
Parlement sê 30%-tarief van Amerika sal ’n slag wees vir ekonomiese groei, werksgeleenthede en handel