# President Cyril Ramaphosa het die regering se handelsonderhandelingspan opdrag gegee om dringend met die VSA in gesprek te tree op grond van die raamwerkooreenkoms wat Suid-Afrika in Mei aan Amerika voorgelê het. Dit volg nadat die VSA vanaf 1 Augustus ‘n tariefverhoging van 30-persent op alle Suid-Afrikaanse goedere gaan instel. Ramaphosa sê die raamwerkooreenkoms spreek die kwessies aan wat aanvanklik deur die VSA geopper is, insluitend die land se sogenaamde handelsoorskot, onbillike handelspraktyke en ‘n gebrek aan wederkerige optrede deur die VSA.
Ramaphosa gee handelsonderhandelingspan opdrag om dringend met VSA te praat