Skip to content

Ramaphosa vra meer gebalanseerde en wedersyds voordelige handelsverhouding met Amerika

# President Cyril Ramaphosa sê die 30-persent handelstarief wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere gaan instel, is nie ʼn ware voorstelling van beskikbare handelsdata nie. Hy sê 56-persent goedere kom Suid-Afrika binne teen ‘n nul-persent-tarief as begunstigde nasie en 77-persent Amerikaanse goedere word met nul-persent-invoerbelasting ingevoer. Die president verwelkom dit dat die Amerikaanse regering sê die tariewe kan aangepas word. Ramaphosa sê Suid-Afrika sal voortgaan met diplomatieke pogings vir ʼn meer gebalanseerde en wedersyds voordelige handelsverhouding met Amerika.