# Die Rhodes-universiteit het twee silwer- en een brons Ovation-toekennings ontvang op vanjaar se Nasionale Kunstefees in Makhanda. Die silwer is toegeken aan a die krities bekroonde A Childhood in Chalk, en s’il vous plait – ’n verleidelike kabaret deur musiekdosent Garreth Robertson en uitvoerende kunstenaar Mistress Mae Aisitahn-Yafais. Ndingekafi: Whispers of Redemption – uitgevoer deur die Kwantu-koor, wat huidige en voormalige Rhodes-universiteitstudente insluit, het ’n Brons Ovation-toekenning ontvang. Die toekennings vereer produksies wat gehore ontroer, gesprekke aanwakker en tegniese en kreatiewe uitnemendheid vertoon.
Rhodes-universiteit tree weer na vore as dryfkrag van Nasionale Kunstefees