# Die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging sê hulle verskerp pogings om kwesbare diere teen uiterste weersomstandighede te beskerm. Die organisasie het baie troeteldiere gevind wat vasgeketting was in die onlangse koue en nat weersomstandighede. ‘n DBV-woordvoerder Belinda Abraham sê die organisasie se voorste linie-vrywilligers werk saam met die stad se noodspanne en red elke dag diere. Sy doen ‘n beroep eienaars om hul troeteldiere veilig te hou, en vra die plaaslike gemeenskap om komberse, handdoeke en kos vir troeteldiere te skenk.
Kaap die Goeie Hoop DBV red diere uit strawwe weersomstandighede