# Die Universiteit van Pretoria doen ‘n beroep op alumni, vennote en die breër publiek om solidariteit te betoon met studente wat honger ly en finansiële probleme ondervind deur UP Giving Month te ondersteun. As deel van vanjaar se veldtog werk die universiteit saam met die Vodacom Bulle en die Bulle Daisies om hongersnood en finansiële druk onder studente in Suid-Afrika te bestry. Die universiteit sê die vennootskap is daarop gemik om hierdie dringende uitdagings onder die soeklig te plaas en die breër publiek uit te nooi om betrokke te raak.
Universiteit van Pretoria en Vodacom Bulle werk saam aan UP Giving Month