# Gholf: Suid-Afrika is glo by LIV Gholf se toernooi-kalender vir 2026 ingesluit. Sports Business Journal berig dat LIV Gholf van plan is om die toernooi na Suid-Afrika te bring as die vyfde bestemming in die reeks wat in Riaad in Saoedi-Arabië in Februarie begin, gevolg deur die gewilde toernooi in Adelaide, Australië, die volgende week. Die reeks het dan ‘n twee-week lange breek voor toernooie in Hong Kong vroeg in Maart, Singapoer in die middel van Maart en Suid-Afrika van 20 tot 22 Maart gespeel word. Die Suid-Afrikaanse baan moet nog aangewys word.
Gholf: Suid-Afrika op die LIV Gholf-kalender vir 2026