Skip to content

SANParke reik nuwe waarskuwing uit teen gebruik van hommeltuie in Krugerwildtuin

# SANParke sê die gebruik van hommeltuie in die Krugerwildtuin in Mpumalanga en Limpopo is streng verbode ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermde Gebiede. SANParke waarsku die ongemagtigde gebruik van hommeltuie kan die wild steur en die ervaring vir ander besoekers bederf. Enigiemand wat sonder toestemming ‘n hommeltuig die lug instuur, sal in hegtenis geneem en daar sal beslag gelê word op die toerusting. SANParke versoek die publiek om onwettige hommeltuigbedrywighede op sy noodnommers aan te meld.