# ‘n Dosent aan die Universiteit van Kaapstad, Sanele Ntshingana, is een van 18 wêreldwye genote wat gekies is vir die W.E.B. du Bois Navorsingsinstituut-genootskap aan die Hutchins-sentrum vir Afrika- en Afrika-Amerikaanse Navorsing aan die Havard-universiteit. Hy sal vier maande as ‘n Mandela-genoot by Harvard wees, en fokus op sy boek. Volgens die universiteit stel die projek ondersoek in oor hoe 19de en vroeë 20ste eeuse isiXhosa-sprekende Afrika-akademici bespiegel het oor politieke gesag met ‘n volkstaal-benadering.
Akademikus van Universiteit van Kaapstad ontvang gesogte genootskap vir baanbreker-isiXhosa-navorsing