# Die eerste blinde toergids in Kaapstad, Winston Fani, is ‘n ware kampvegter vir inklusiewe toerisme met sy onderneming, Out of Sight Tours. Fani was aan die stuur van Dinner in the Dark by die luukse One-and-Only-hotel, wat in vennootskap met Kaapstad Toerisme aangebied is. Die gaste, insluitend die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, moes in ‘n pikdonker vertrek geëet het om ‘n wêreld sonder sig te ervaar. Fani sê inklusiewe toerisme skep ‘n verbintenis wat baie verder as sig strek en waar almal tuis voel.
Blinde toergids aan voorpunt van inklusiewe toerismebeweging in Kaapstad