Skip to content

Beyoncé onderbreek vertoning toe Cadillac in die lug begin kantel

# Beyoncé moes haar vertoning in Houston onderbreek toe die motor waarin sy gesit het, in die lug begin kantel het. Die rooi Cadillac, wat aan kabels hang, dra die superster teen die einde van haar vertoning hoog bo haar bewonderaars. Tydens die naweek se vertoning het dit begin kantel en die 43-jarige sangeres moes aan ʼn vlagpaal vashou vir ondersteuning. Beyoncé se maatskappy, Parkwood Entertainment, sê in ʼn verklaring dis deur ʼn tegniese probleem veroorsaak. Sy is vinnig laat sak en die vertoning het sonder voorval voortgegaan.