# Die Stad Kaapstad sê sy jeugprogram vir geletterdheid en lewensvaardighede groei bestendig sedert dit drie jaar gelede gestig is. ʼn Span van 40 werksoekers is in diens geneem toe die program bekendgestel is en meer as drie-duisend-500 leerders by skole en biblioteke in verskeie gemeenskappe is ondersteun. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê hierdie program ondersteun werklose jongmense met vaardighede, werkservaring en formele opleiding.
Kaapstad se jeugprogram vir geletterdheid en lewensvaardighede bemagtig werklose jongmense